Steve music en everything else
Hallo daar.
Ek wonder hoe lank Steve hofmeyr nog gaan optree.My vrou was nou die dag by een van sy shows
in ons dorp,sy vertel my toe dat hy n bietjie gedaan lyk en sy show kort was.Waar was ek vra julle dan,ek het besluit as ons nie sitplekke kan vas maak nie ek nie sou gaan nie,dom maar nou ja.
Imagine die wereld sonder Steve Hofmeyer se musiek Scary sou ek kan dink.Daar is n song wat ons so mooi vertel, “Music is my first love.”Ek het hom op “Facebook” gevra hy moet luister na een van my songs wat ek op ons Radio stasie gesit het.Ek hoop hy het,die song se naam is “Loving her
was easier “ cool ,wel ek dink so.Ek het in die jare 90 saam met hom gesing in n skoolsaal die song se naam was “Agter elke man” ek wonder of hy kan onthou.Dit was sommer net cool.
Ek luister graag na sy tribute aan Kris Kristofferson hy doen dit so goed .Media is ook altyd op sy spoor soos n bloedhond maar dit maak aan hom niks skade nie want sy shows is nog steeds vol.
Ek besef dan net partykeer dat hy nog steeds net n mens is met “adam” begeertes.Ons kan maar doen wat ons wil maar dit wat hy doen , doen hy goed.Hy is nou maar eenmaal ons Afrikaanse
Ikoon.Het julle al sy boek gelees dit was great om so bietjie te kan deel ,Die mense van sy Asem.
Ek sal daarvan hou om die Ou persoonlik te ontmoet en saam met hom te kuier , sing sal dan ook natuurlik deel wees.O ja en everything else of hoe praat ek dan nou.Daar is baie ander ikone ook soos,Theuns Jordaan ,Valiant Swart,Koos Kombuis,Johannes Kerkorrel,Koos du Plessisens.Dit is
darrem erg wat met Mathys Roets gebeur het.Mathys my gebede is met jou vir vinnige herstel,en ons as bewonderaars sal nooit ophou luister na musiek nieGelukkig kan jy nou jouself in jou musiek inleef en vir ons nog baie mooi songs skryf.Groot Thanx Lank lewe Afrikaanse Sterre en music.
Ps Ek nie wag vir Skouspel 2009 nie Lekker Sterkte aan al ons sangers.
Groete
Bennie Harmse
Friday, May 8, 2009
Subscribe to:
Post Comments (Atom)
No comments:
Post a Comment